Zola wys in Twee Oseane sy is reg vir Comrades

0
Zola wys in Twee Oseane sy is reg vir Comrades

Die legendariese voormalige Vrystaatse langasem-atleet, Zola Budd, het so pas die Twee Oseane-halfmarathon in winderige toestande voltooi. Sy berei nou volstoom voor vir die Comrades, het sy aan Morgan Piek van OFM gesê. Budd, wat onder die vaandel van The Unlimited hardloop, het die halfmarathon van die Twee Oseaen in 1 uur 24 minute 49 sekondes klaargemaak en was die tweede vroue-veteraan oor die eindstreep. Hierdie marathon was ook deel van haar voorbereiding vir die Comrades.

“Ek is regtig tevrede met my uitslag, aangesien ek vir ’n tyd van 84 minute gemik het. Dit was ’n goeie resies, maar die wind was effe van ‘n probleem. Die wegspring het goed afgeloop en ek kon naby aan die voorste groep kom, dus het ek nie baie verkeer gekry nie. Ek het ’n redelike konstante spoed gehandhaaf en die heuwels was nie so erg as wat ek verwag het nie,” het Budd oor die wedloop gesê.

Volgens Budd is haar tyd ’n goeie aanduiding dat haar oefenprogram in die kol is om haar mikpunt,’n silwermedalje in die Comrades, los te hardloop. “Die atmosfeer by die wegspring was absoluut ongelooflik en die ondersteuning van die skare langs die roete was wonderlik. Dit plaas hierdie wedren in ’n totaal ander kategorie,” reken Budd.

No posts to display