Zak Steyn op toer in die Vrystaat

0
1336

Die Bloemfonteinse sanger Zak Steyn is ‘n huishoudelike naam in die sentraal Suid-Afrika terwyl sy debuutalbum “ Na jou toe” , wat in 2012 vrygestel is, ‘n reuse sukses is. Sy tweede CD is pas vrygestel en verwag om nog beter te vaar.

Steyn het al die kwaliteite van ‘n suksesvolle sanger. Hy het oorspronklike musiek wat eie is aan hom terwyl hy ‘n fantastiese unieke stem agter die musiek het. Hy probeer nie om enige ander suksesvolle en bekende sanger na te maak of hul musiek te gebruik nie.

Hy sing voltyds en is al 13 jaar in die musiekwêreld en sy aanhangers al beslis ‘n paar duisend mense. Toe hy begin het, was hy deel van ‘n sanggroep met vyf kunstenaars. Vyf jaar gelede het hy begin solo sing. Sy sangloopbaan het begin optel en in die afgelope twee jaar bars dit uit sy nate. Hy deel die verhoog met ander groot name en sy tweede album is pas vrygestel is.

Die titelsnit van sy debuutalbum speel gereeld op radiostasies soos Ofm, RSG en Radio Rosestad. Die album was in Desember 2012 in 46ste plek op Ofm se Top 100 -musieklys van 2012 vasgespyker. Die album se musiekvideo speel ook op Kyk-Net Musiek. Die prestasies was nie genoeg vir 2012 nie. Net voor die jaar tot ‘n einde geom het, is Zak as Ofm/Redstar Talent Artist of the Year 2012 aangewys.

Met al die gejuig van mense agter hom, begin hy toe in 2013 om die nuwe album getiteld “ Sterrehemel” saam te stel, wat op 30 en 31 July in Bloemfontein vrygestel is. “ Ek is baie opgewonde oor die album en daar is selfs meer oorspronklike liedjies op as die vorige album. Daar is 16 liedjies op waarvan 13 oorspronklik is,” sê Zak.

Met Sterrehemel se bekendstelling oor twee aande is alles uitverkoop. Meer as 500 mense het na die bekendsteling van Sterrehemel gegaan.

Die sukses van Zak en ‘n goeie 2013 kan net gevier word sonder ‘n toer deur sentraal Suid-Afrika. So mense maak julle gereed om die sanger met die Sterrehemeltoere binnekort in jou gebied te sien. OFM gaan ook saam met hom op toer en vyf dorpe in die Vrystaat besoek.

Zak word geborg deur GM Bloemfontein vir 3 jaar en aanbeveel deur Audiosure Bfn en TOMS Bfn!

Vir meer inligting oor waar om Zak se Cd’s te koop of waar hy met die toer te siene sal wees, besoek

http://www.ofm.co.za/event/32/Zak-Steyn-Sterrehemeltoer.