Zach Johnson wen die BMW Kampioenskap op Conway Farms

0
529
MORGAN PIEK

Die 2007 Meesterskampioen Zach Johnson het ‘n laaste ronde van ses onder baan-syfer 65 geskiet om die $8 miljoen BMW Kampioenskap buite Chicago te wen.

Dit kom nadat Amerikaner Jim Furyk vir 54 agtereenvolgende gate die veld gelei het. Die 37-jarige Johnson het ‘n laaste ronde van 65 geskiet om met 16 onder baan-syfer te eindig.

Furyk het vroeër in die toernooi net die sesde speler geword om 12 onder baan-syfer te skiet in die geskiedenis van die US PGA,
twee houe voor sy mede-Amerikaner Nick Watney.

Dié wen is Johnson se tiende loopbaanoorwinning en sy eerste sedert hy verlede jaar die John Deere Classic gewen het.

Hy staan nou ‘n kans om die $10 miljoen uitspeel-kroon te beklink in die Tour Championship wat Donderdag in Altanta begin.