E Copy

Date:

Ysbeer 2013-uitslae

ALZANE NARRAIN

Sowat 475 swemmers het die naweek in sonnige weer die ysige water van 6°C in die Sandrivier aangedurf vir liefdadigheid . Nagenoeg 2 000 toeskouers het die waterkaskenades vanaf die wal dopgehou en ondersteun.

Volgens Felix Burri, organiseerder van die Ysbeerswem  2013, het ongeveer 300 voertuie is deur Bundu se hekke en byna R2 000 se kos is verkoop. R10 000 is vir Kerklike Maatskaplike Dienste, ‘n plaaslike welsynsorganisasie, ingesamel. Die kampvure het tot laat gebrand en die gees was wonderlik. Me. M. Pretorius (56) is as oudste vroulike swemmer bekroon en mnr. J. Pretorius (63) as oudste manlike deelnemer.

Die 4×4-uitdaging is deur Zane en Andrea in ‘n Suzuki Jimmy gewen, met Fred en Donovan in hul pypkar in die tweede plek en Riaan en Karen in ‘n Nissan, in die derde plek.

Ikey Volkers in sy Landy het soos altyd gesorg vir groot pret en plessier. Hindernisse het baie speletjies en vaardigheidstoetse vir bestuurders en passasiers ingesluit en het bygedra tot die opwinding. Die moddergat gaan volgende jaar herleef en sal beslis verdere uitdagings bied. Die klankstelsel, geborg deur Lutiek Sound, het gesorg dat almal deurentyd bewus was van verwikkelinge in en om die kamp.

Burri het sy dank uitgespreek teenoor almal wat gehelp en ondersteun het asook berigte geplaas en ondersteunende SMS’e gestuur het.

Besoek ons galery met klomp foto’s van die Ysbeerswem 2013. Kliek hier

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung parks desperate for attention, maintenance

A post on the popular Mangaung Ratepayers Association's Facebook...

Tariff Hikes, service delivery concerns take centre stage at Mangaung budget talks

Stakeholders in Mangaung gathered at the Bloemfontein City Hall...

MMM working to get FS Stadium upgraded

In an effort to get the Free State Stadium's...

Residents left in muddy situation following weeks of rain

With the rainy season in full swing in Bloemfontein,...