Wyn, vriende en sonsondergang op Naval Hill

0
1107
'n Sonsondergang op Naval Hill. FOTO: TRIP ADVISOR

Mense wat ná ‘n besige 2018 ‘n unieke geleentheid soek om met goeie vriende en goeie wyn te ontspan, moet sonder versuim hul kaartjies kry vir die Fire&Ice Sunset Event.
Tydens dié partytjie, wat op 22 November om 18:00 by The Edge Restaurant op Naval Hill plaasvind, kan mense na die sonsondergang kyk terwyl hulle van die beste wyn en vonkelwyn in die land geniet.

Mense moet egter gou spring om hul plekke te verseker, want slegs 60 kaartjies is vir hierdie eksklusiewe partytjie beskikbaar.
Kaartjies is teen R300 elk by Central Media Group beskikbaar en kan bekom word deur vir Christel Basson by 051-505-0900 te bel.
info@bloemfonteincourant.co.za