Wonderlike optredes by jaarlikse braaifees

0
300
Dr Nathan Bagarette Photo: Pierce van Heerden

Die jaarlikse braaifees wat deur Baobab Entertainment aangebied word, beloof om soos voorheen, weer iets uit die boeke wees. ‘n Groot attraksie is die beroemde sanggroep, The Rockets, van Kaapstad, wat hier gaan optree. Hierdie groep is een van die suksesvolste musiekgroepe in die land. Kaartjies vir die konsert waar hul 50ste bestaansjaar herdenk het by die Grand West-arena in Kaapstad, was uitverkoop.

Hulle het ook voorheen ‘n Safta-toekenning vir die beste musiekvertoning ontvang. Die gewilde DJ, Prince Kaybee, sal ook te siene wees in een van die optredes. Prince Kaybee is in die Vrystaat gebore en is beroemd vir sy liedjie, “Charlotte”. Een van die gewildste musiekgroepe in Bloemfontein, Simple Stories, sal ook te siene wees by die vertoning en beloof om mense op hul voete te hou.

Vele ander kunstenaars soos DJ Pop, DJ Zeelo, Khutala, Danielle Louw, Lenthea Jantjies en PDA is ook deel van die dag se vermaak. “Mense van oral oor kan die dag geniet. Hulle kan hulle braairoosters, kampeerstoele, gazebo’s en koelsakke saambring teen geen ekstra koste nie,” sê dr. Nathan Bagarette, organiseerder van die fees. Die fees vind op 14 Desember plaas by die Clive Solomon-stadion in Heidedal, van 11:00 – 01:00, teen R100 vir volwassenes en R50 vir skoliere. Die kaartjies sal binnekort beskikbaar wees by Daisy’s Coffee Shop in Heidedal.

Heidre Malgas
heidre@mahareng.co.za