E Copy

Date:

Winterprojek poog om behoeftiges te help

In ’n poging om die minderbevoorregtes te ondersteun gedurende die koue wintermaande, het Guardian and Angel weer hul winterprojek aan die rol.

Die organisasie is tans besig om warm klere, komberse en skoene in te samel vir diegene in nood. Daar word ook gevra vir hulp met die verskaffing van bestanddele om sop vir behoeftiges te kook.

Volgens die organisasie se Hester Bekker is die grootste behoefte onder die behoeftige gemeenskap gedurende die winter warm klere, skoene en komberse, of ou duvets.

Hulle doen ’n beroep op die publiek om ondersteuning te bied en betrokke te raak by die projek. “Ons vra altyd hulp van die publiek af vir ondersteuning om na behoeftiges om te sien,” sê Bekker.

“Ons vra asseblief die publiek om betrokke te raak deur eerstens die woord van God uit te dra en dan ook om ou klere, komberse ensovoorts te skenk of self te gaan afgee waar daar nood is.”

Die organisasie noem dat die projek ’n groot impak op die behoeftige gemeenskap sal hê en dat, met die ondersteuning van die publiek en kerke, dit ’n groot sukses sal wees. “As jy enige werk het, of dit nou tuin skoonmaak, huis skoonmaak of selfs besighede se erwe is, kontak my asseblief,” voeg Bekker by.

“Daar is bitter groot swaarkry as gevolg van werkloosheid.”

Guardian and Angel hoop dat hierdie projek nie net fisiese verligting sal bring nie, maar ook geestelike ondersteuning en hoop aan diegene wat dit die nodigste het. Kontak Hester Bekker by 068-217-6895 of 072-423-6277 om betrokke te raak

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...