Wildskosfees weer binnekort gehou

0
3232
Die Wildskosfees by De Oude Kraal trek jaarliks honderde besoekers.

Die 18de Wildskosfees, aangebied deur De Oude Kraal en Nedbank, sal vanjaar op 10 Junie plaasvind.
Die fees begin om 10:00 die oggend, 35 km suid op die N1 op pad na Colesberg, by De Oude Kraal Country Estate and Spa.
Op die unieke fees word meer as 100 wildsvleisgeregte van 17 wildspesies aan die feesgangers voorgesit. Wyne uit 20 wynlande van Suid-Afrika wat die vleis komplementeer, kan saam met die kos geniet word.
Feesgangers kan goeie musiek van verskeie kunstenaars geniet asook aktiwiteite soos wa- en trekkerritte, kleiduifskiet, .22-skiet en perdry.
Die koste beloop R450 per persoon en R150 vir kinders van 6 tot 12 jaar.
Vir kaartjies, skakel 051-564-0733 of stuur ‘n e-pos na info@deoudekraal.com. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za