Wildskosfees Saterdag by De Oude Kraal

0
4358
Foto: GetIt

Die 18de Wildskosfees, aangebied deur De Oude Kraal en Nedbank, vind eerskomende Saterdag by De Oude Kraal Country Estate and Spa plaas. Die venue is 35 km suid van Bloemfontein, op die N1 op pad na Colesberg geleë.

Die fees begin om 10 uur die oggend en beloof om weer ‘n groot sukses te wees. Op dié unieke fees word meer as ‘n 100 wildsvleisgeregte van 17 wildspesies aan feesgangers gebied wat saam met 20 verskillende wynsoorte van Suid-Afrika geniet kan word.

Besoekers aan die fees kan vanjaar weer goeie musiek van verskeie kunstenaars verwag, asook lekker aktiwiteite soos wa- en trekker-ritte, kleiduifskiet, .22-skiet en perderitte.

Daar is vanjaar ook nuwe dinge om na uit te sien, onder meer Boereoorlog-storieverteller, Nico Moolman, wat gaste sal vermaak met sy stories.

Feesgangers kan ook gin proe en ‘n hele paar nuwe disse. Nog ‘n nuutjie is die Golf Flightscope – vir gholfers om hulself op ‘n skerm dop te hou terwyl hulle die bal slaan.

Koste beloop R450 per persoon en R150 vir kinders van 6-12 jaar oud.

Vir kaartjies, bel gerus 051-564-0733 of stuur ‘n e-pos na info@deoudekraal.com.

jeretha@mahareng.co.za