Wie gaan VS se Sportsterre wees?

0
1031

GEORG VAN ECK
Die Vrystaatse top-sportlui word môre deur die Vrystaatse Sportmedia-vereniging vereer en dit staan soos ’n paal bo water dat die Vrystaat baie trots op hul sportsterre kan wees.

Senior sportvroue en -manne asook die top-juniors (seuns en meisies), gestremdes, administrateurs, afrigter, beamptes en sportverenings gaan op glansryke wyse met die top-toekennings van die Vrystaatse Sportmedia-vereniging op die vereniging en SA Brouerye se spogbanket môreaand in die vertoonlokaal van General Motors in Kerkstraat, Bloemfontein vereer word.
In ’n blomjaar vir Vrystaatse sport was die wedywering in al die kategorië straf.

Die 12 finaliste in die senior afdeling verteenwoordig sokker, rugby, atletiek, krieket, netbal, hokkie en skerm. Die mededinging is meedoënloos omdat dit Proteas, Springbokke en sportlui, wat op die wêreldverhoog presteer het, is wat om die gesogte eerbewyse meeding.

Uit hierdie kandidate sal die Vrystaatse Sportster (man of vrou) asook Sportman en Sportvrou van die Jaar gekroon word.
Die vroue se aanslag word deur die drie Protea-netbalsterre van die Vrystaat en Kovsies, Maryka Holtzhausen, Karla Mostert en Adelé Niemand, gelei, maar hulle het strawwe teenstand van die ander drie kandidate kry.

Met twee Springbok-rugbyspelers, ’n internasionale atletiekster en nasionale rekordhouer, twee Protea-krieketspelers en ’n kranige Bafana Bafana sokkerspeler in die mans se wedloop, is dit baie moeilik om die manswenners te voorspel.

Die senior kandidate is:
Mans – Thabo Nthete (sokker), Johan Cronjé (atletiek), Dean Elgar en Ryan McLaren (krieket), Adriaan Strauss en Coenie Oosthuizen (rugby).
Vroue: Maryke Holtzhausen, Karla Mostert en Adelé Niemand (netbal), Hananja Steyn (skerm), Izelle Lategan en Tanya Britz (hokkie).
Die room van junior sport (o.19) sal ook teenwoordig wees. Die 16 finaliste is:
Meisies: Jolandi Els (swem), Bridget Lourens (karate), Tanya Mostert (netbal), Cara Potgieter (netbal), Kanke van der Vyver (pluimbal), Jayme-Sue Vermaas (multisport),.
Seuns: Jacques du Toit (rugby), Tshepang Makhete (atletiek), Ox Nche (rugby), Sine Ntshoma (krieket), William Redpath (judo).

Dan is daar die sportverenings waar die rugbyskeidsregter, netball en rugby sterk kandidate is, terwyl daar in atletiek, krieket, rugby, netbal en hokkie deur breiers meegeding word. Dieselfde geld beamptes en administrateurs.

Die hoofspreker is die wêreldbekende oud-Vrystater, dr. Sherylle Calder. Christie Hansen van OFM is die seremoniemeester.