E Copy

Date:

Wie gaan koalisie vorm?

Daar is baie vrae rondom watter partye koalisies kan vorm in Suid-Afrika se sewende demokratiese parlement, dus het Bloemfontein Courant na UV lektor Ambrosé du Plessis uitgereik om van hierdie vrae te beantwoord.

“ ’n Koalisie kom tot stand omdat daar nie ’n enkele party is wat ’n meerderheid gewen het nie,” het die lektor in die Departement van Openbare Administrasie en Bestuur gesê.

“Om die leidende party of regering te word en ’n meerderheid te hê, het jy 50% plus nodig. Wanneer daar nie ’n duidelike wenner is nie, kry geen enkele party die 201 setels wat nodig is nie, omdat die Nasionale Vergadering van die Parlement 400 setels het. So nou het niemand ’n meerderheid nie,” het Du Plessis verduidelik. “As gevolg hiervan sal verskillende politieke partye koalisie-ooreenkomste moet aangaan.”

Volgens die Grondwet het partye 14 dae ná die aankondiging van die verkiesingsuitslae om ’n regering te vorm. Indien nie, sal daar weer ’n nasionale verkiesing gehou word.

Tussen 1990 en 1994 is die eerste “regering van nasionale eenheid” gevorm, wat amper vier jaar geneem het, en nou moet dieselfde belangrike besluite gemaak word in slegs 14 dae.

“Die probleem met hierdie onderhandelings en samesprekings is dat dit baie oppervlakkig raak. Omdat die regering groot is, het jy nasionale departemente, jy het provinsiale departemente, jy het plaaslike regering, omdat Suid-Afrika werk as ’n stelsel,” het Du Plessis bygevoeg, “en ’n besluit wat op nasionale vlak geneem word, sal implikasies hê vir provinsies, sal implikasies hê vir plaaslike regering. Hoe sal daar dan op die regering besluit word?”

“Hoe verdeel jy dit? Watter aandeel kry jy?” vra Du Plessis ook.

“Soms verstaan politieke partye nie samewerkende regering nie.” Hy verduidelik ook verder: “Die koalisiespel is ’n ander spel. Partye moet maar ’n ooreenkoms vind.”

Du Plessis noem die vrees oor ’n potensiële dooiepunt in die regering, as die koalisiepartye wat enige ooreenkoms aangaan nie kan saamstem wanneer hulle aan bewind is nie. Hy hoop steeds dat wie ook al ’n koalisie vorm, besluite kan neem wat die SuidAfrikaanse publiek se beste belang in ag neem.

 

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...