E Copy

Date:

White Tigers presteer in Las Vegas

Lede van die White Tigers Koreaanse Krygkunsklub in Bloemfontein het onlangs vyftien wêreldkampioene opgelewer ná hulle aan die vierde Tang Soo Do Family-wêreldkampioenskap by die Flamingo Resort & Hotel in Las Vegas deelgeneem het.
Die nege White Tiger-studente het 7 goue, 7 silwer- en 2 bronsmedaljes verower by die kampioenskap wat van 30 Julie tot 1 Augustus beslis is. Daar het tot 12 studente in sommige van die kategorieë deelgeneem. 
Die SA span het bestaan uit 33 studente en 14 van hierdie studente is deel van die White Tigers-klub. Nege van die 14 studente is van White Tigers Bloemfontein en die ander ses van White Tigers Aliwal-Noord. Meester Liza Coetsee-Hugo (5de Dan, stigter en hoof) en meester Chris Austin (4de Dan) is die trotse afrigters van die White Tigers-klub met die hoof-dojang geleë in Bloemfontein. 
Die SA span het in totaal 24 goue, 26 silwer- en 25 bronsmedaljes verower. Die hele White Tiger-klub het in totaal 15 goue, 10 silwer- en 6 bronsmedaljes verower. Dit beteken die White Tigers 15 wêreldkampioene opgelewer het (15 goue medaljes).
Die 14-jarige Grey-kollegeleerder Kevin Markram het goue medaljes in al drie sy kategorieë verower (Vorms, Wapens en Geveg). Hy is die White Tigers-klub se eerste student wat goud in al die kategorieë kon verower. 
Dit terwyl die 12-jarige 'Karate Kid', Ruan Dippenaar, twee goue medaljes en een silwermedalje vir sy 3 kategorieë verower het (Geveg, Wapens en Vorms). Hy is die jongste lid van White Tigers wat twee goue medaljes kon verower.
Die volgende wêreldkampioenskap gaan in 2018 in Suid-Afrika plaasvind (moontlik in die Kruger-wildtuin) en die studente begin nou al oefen vir hierdie groot geleentheid.
Ongeveer 600 deelnemers van 12 verskillende lande het aan die kampioenskap deelgeneem. – Mark Steenbok
mark@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

‘Text Me When You Arrive’ to tackle GBV through theatre and satire

A daring, satirical theatre production with the aim to...

Bloemfontein police seize crystal meth, mandrax in CBD

On Monday 7 July, an intelligence-led operation by Park...

Road closures towards Bram Fischer International Airport

The Bram Fischer International Airport has issued a notice...

More suspects to appear in UIF fraud case

According to the National Prosecuting Authority (NPA), more suspects...