‘Whispers on the Run’ vat Bfn terug in tyd

0
366
The Big Bopper en Brookes Hill, wat Sondag by The Edge in Bloemfontein, gaan optree.

Die inwoners van Bloemfontein word uitgenooi om met Whispers on the Run ‘n reis in die verlede te onderneem. Die geleentheid word eerskomende Sondag by The Edge op Naval Hill aangebied, wanneer Whispers on the Run en andere inwoners bederf met soul-, blues- en jazzmusiek uit die jaar 1920 tot en met vandag. Een van die organiseerders, Stewart Barlow, het aan Bloemfontein Courant gesê dat die geleentheid gratis is, mense moet net ‘n tafel bespreek sodat beplanning gedoen kan word.

Barlow vertel dat daar musiek gaan speel wat mense aan hul kinderjare gaan herinner terwyl hulle kyk hoe die stad se ligte aangaan. Dit is ‘n geleenteheid vir mense van enige ouderdom. Barlow sê mense kan selfs hul kinders van ses maande saambring as hulle wil.
“Inwoners kan ‘n skemerkelkie geniet, of kos as hulle so voel. Daar gaan musiek van BB King, Elvis Presley, Blue Magic en soveel meer gespeel word.”

Hy voeg by dat hulle beplan om hierdie geleentheid elke tweede Sondag te hou sodat mense kan kom en ontspan en gereed maak vir die week wat voorlê. Daar gaan twee kunstenaars, The big Bopper en Brookes Hill, teenwoordig wees om mense te vermaak.
Diegene wat ‘n tafel wil bespreek, kan net die Edge kontak by 060-726-1719. Die geleentheid begin om 17:00.

SAZLY HARTZENBERG
sazly@centralmediagroup.co.za