Wêreldklas-boogskietkampioen

0
884

Kobus Barnard van Bloemfontein het verlede maand aan die SA nasionale veldboogskietkampioenskap in Potchefstroom deelgeneem en as wêreldkampioen (Adult Male Bowhunter Unlimited) in boogskiet weggestap. “Dit het alles begin met silhoeëtgeweerskiet en ná 10 jaar en drie keer dat ek Protea-kleure verwerf het, was ek op soek na ‘n groter uitdaging. Ek het in 1995 begin boogskiet en eers in 2008 het ek besluit om te begin deelneem aan kompetisies vir boogskiet,” sê Barnard. Hy het aan Bloemfontein Courant gesê, al wat hy vir ander boogskuts kan sê, is dat hulle moet seker maak om aan soveel moontlik kompetisies deel te neem om hulself te verbeter en druk beter te hanteer. – FOTO’S: PIERCE VAN HEERDEN

Kobus Barnard met die medalje wat hy by die boogskietkompetisie gewen het.