Christopher Motabogi
Die Polisie op Welkom in die Vrystaat is steeds op soek na verdagtes wat by vanoggend se bankrooftog betrokke was.
Die jongste inligting dui daarop dat altesaam tien mans by die voorval betrokke was.
Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng sê van die mans het die bank in State-Weg om 09:00 uur binnegegaan, wagte met vuurwapens gedreig en geld gekaap.
Die verdagtes het in ‘n wit Toyota bakkie met registrasienommer CD 36 NB GP and en ‘n groen Kia voortuig gevlug.
Die ander verdagtes het glo buite die bank wag gehou om te verseker dat niemand die bank ingaan nie.
Thakeng sê die bank is tydelik gesluit.