E Copy

Date:

Wegholseges en Crusaders verras byna in Stadsbeker

GEORG VAN ECK

Dit was so hittete of Crusaders het die tweede groot opskudding van die seisoen in die Vrystaatse klubrugbyliga om die Stadsbeker veroorsaak toe hulle die Irawas behoorlik laat les opê het vir die studente se naelskraapse oorwinning van 24-20 in die Clive Solomon-stadion. In die ander twee Stadsbeker-wedstryde het Shimlas en Ixias weghol-seges van 100-0 en 73-24 oor onderskeidelik Bloemfontein Polisie op Bobbiespark en Tjisas in die SUT-stadion behaal.

In die Clive Solomon-stadion het Crusaders en Irawas mekaar in ’n byna stormsterkte wind aangedurf. Dit het die aangee en ingooi in lynstane asook skoppe baie riskant gemaak en foute is begaan.Albei spanne het daarvoor vergoed deur met mening in te klim. Crusaders het met sowat 12 minute speeltyd oor die voortou 20-14 geneem nadat goeie spel deur die voorspelers met ’n drie deur Darius Viljoen afgerond is. Die skaal is in die Irwas se guns geswaai deur uitstekende spel deur die heelagter Beyers Louw wat die wind baie goed gelees het en uiteindelik 14 van sy span se punte met ’n drie en skoppe aangeteken het.
Ander uitblinkers vir die Irawas was Marco Klopper, Ricky van Straaten en Tyron Schultz in die agttal, terwyl Erick Colyn en Danie Cronje goed in die agterlyn saam met Louw gespeel het.

Vir Crusaders het Jerome Raffie, Anto van Heerden, Davon Raubenheimer en Randall Nelson in die agttal ’n barshou gespeel, terwyl Leroy Bitterhout en Eddie Fredericks in die agterlyn hul teenstanders laat bontstaan het.
Die ander twee wedstryde was te eensydig om werklik enige afleidings te maak. Tjisas het aanvanklik hardnekkig teenstand teen Ixias gebied, maar toe die wal breek was daar nie keer aan Ixias nie. Die vonds van die wedstryd was Johan Ellis Olivier, wat eers as heelagter en later as senter deur die Ixias ingespan is.
Bloemfontein Polisie se agttal met spelers soos Francois Saayman, Renier Steyn, Mike Taylor en Anton Smit het voor goed weerstand gebied teen Shimlas, vir wie Joubert Horn ‘n welkome terugkeer gemaak het. Swak verdediging het verseker at Shimlas 16 drieë kon inryg.

Punte:
Irawas 24 (7). Drieë: Beyers Louw, Ricky van Straaten, Marco Klopper. Doel: Louw (3). Straf: Louw. Crusaders 20 (10). Drieë: Jason Horne, Leroy Bitterhout, Darius Viljoen. Doel: Griffin Colby. Straf: Colby. Shimlas 100 (52). Drieë: Francois Ludwig (2), Arthur Williams (3), Aj Coetzen (2), Franna du Toit, Andre van der Walt, De Wet Kruger, Riaan Schoeman, Jonathan le Riche, Ruan van Rensburg, Joubert Horn, Elandré Huggett, Franco van der Merwe. Doel: Du Toit (8). Le Riche (2). Ixias 73 (31). Drieë: Johan Ellis Olivier (4), Marius Grobler (2), Jean Luc van Zyl, Dean Kauprihanoff, Franco Naude, Fanie Coetzer Daniel de Jager. Doel: Jean Vos (9). Tjisas 24 (7). Drieë: Max Maloi, TC Nortje, Driaan van der Merwe, Heinrich van der Merwe. Doel: Hanco Pretorius, Maloi.
georg@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...