Wees positief

0
3135

Fred Catherwood van Engeland het die wêreld so beskryf: “Vandag kyk ons terug, want ons durf nie meer vorentoe kyk nie. Ons lewe in ‘n gewelddadige, inhalige en hopelose samelewing.”
Dié woorde het my gedagtes aangegryp en ek het besef dat daar ‘n groot waarheid in die beskrywing is. Ons leef in ‘n deurmekaar en stukkende wêreld. Mense raak moedeloos waar elkeen in sy/haar eie wêreldtjie van ‘n klein bietjie geluk leef.
Tog lees ek in die Bybel die belofte in Openbaring 11 vers 15: “Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid!” Ten spyte van alles, bied God se plan vir die toekoms onbeskryflike moontlikhede.
White en Epston beskryf dit in terapie met die woorde “unique outcomes”. Met ander woorde, ‘n verhouding met die Here maak die lewe oop met positiewe uitkomste.
Ons kan positief oor mekaar en die lewe dink in die konteks van ons verhouding met Jesus Christus. Dit maak dat ek positief kan leef in ‘n soms deurmekaar en verwarde wêreld!

DS STEPHAN VAN HEERDEN