Wees op die uitkyk vir Nicci L

0
600
Nicola Laubscher, beter bekend as Nicci L

Nicola Laubscher (17), beter bekend as Nicci L, is ‘n Bloemfontein gebore en getoë kunstenaar met baie talente. Laubscher, wat veral beïndruk met haar pragtige sangstem, maak vinnig opgang in die vermaakbedryf en het reeds die verhoog gedeel met groot name soos Caroline-Grace en ander bekendes. Die opkomende ster is ‘n leerder aan die Hoërskool Sentraal en het in 2017 reeds haar eie liedjie geskryf, wat haar in die top-veertien van die “All the way from Bloem”-kompetisie laat beland het.

Volgens Laubscher, wat Afrikaans en Engels magtig is, kan sy in enige taal sing deurdat sy oor en oor na ‘n liedjie in dié taal luister. “Ek luister die liedjie oor en oor, maak die lied stadiger sodat ek die uitspraak beter kan hoor, en dan skryf ek dit neer soos wat dit vir my klink. Daarna luister ek weer na die lied en leer dit volgens my notas,” vertel sy. Met haar voorliefde vir die kunste het Laubscher ook dramaklasse by XanderArtProductions geneem en geniet sy om in haar vrye tyd te teken en skilder.

Laubscher gaan ook gaan ook deel wees van hierdie jaar se Moments “I Am Young” -projek wat op 23 November 2019 by die Odeion aangebied word. Volgens haar wil sy haar drome volg en sang haar loopbaan maak indien sy nie in haar pa se voetspore volg en dalk ‘n suksesvolle geoktrooieerde rekenmeester word nie.

PIERCE VAN HEERDEN
pierce@mahareng.co.za