E Copy

Date:

Wees die verskil wat jy wil sien – We Love Bloem

Teen hierdie tyd het baie Bloemfonteiners waarskynlik al inhoud gesien of gedeel wat op “We Love Bloem” se Facebookblad aangebied is. Talle is dalk steeds onbewus van die blad en die liefdadigheidswerk wat hulle in Bloemfontein doen.

“We Love Bloem” is deur Martin Slabbert begin en bestaan nou al vir 4-5 maande. “Die konsep om die gemeenskap om my te verbeter lê al vir ’n paar jaar op my hart, maar dit het regtig in die afgelope ses maande van 2023 al swaarder op my hart gedruk,” het Slabbert gesê.

Slabbert het na Love Howick gegaan vir opleiding omdat hulle besig was om Love Cities te begin en het kontak gemaak met ander wat dieselfde missie het. Dit was daar waar hy gesien het hoe die liefde vir ’n persoon se stad ’n gemeenskap positief kan transformeer.

Die inisiatief bestaan uit drie lede en hulle is besig om hul nie-winsgewende maatskappy te registreer. Die organisasie fokus op skoonmaak, herstel en verbetering van Bloemfontein. “Tot dusver word alles uit ons sakke gefinansier, maar mense begin nou na ons uitreik en wil bydra,” het Slabbert genoem.

“‘We Love Bloem’ is glad nie politiek geaffilieer nie, so ons hoofdoel is om saam met plaaslike besighede, die gemeenskap en die plaaslike regering te werk. Ons sal uiteindelik vir die hele Mangaungmetro sorg, maar om daar te kom, moet ons eers identifiseer wie reeds wat doen en hoe ons hulle kan ondersteun,” het Slabbert gesê.

Volgens Slabbert, wat ook ’n nasionale koördineerder vir ’n netwerk van organisasies regoor die land is, groei die beweging vinnig en het reeds naby aan 1000 mense wat almal gereed is om Suid-Afrika skoon, veilig en weer puik te maak.

Hy moedig almal aan om die narratief te verander in plaas daarvan om te kla en niks daaraan te doen nie. Lees meer op www.bloemfonteincourant.co.za.

Abigail Visagie

abigail@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung parks desperate for attention, maintenance

A post on the popular Mangaung Ratepayers Association's Facebook...

Tariff Hikes, service delivery concerns take centre stage at Mangaung budget talks

Stakeholders in Mangaung gathered at the Bloemfontein City Hall...

MMM working to get FS Stadium upgraded

In an effort to get the Free State Stadium's...

Residents left in muddy situation following weeks of rain

With the rainy season in full swing in Bloemfontein,...