E Copy

Date:

Weerlig saai spoor van verwoesting in Bloemfontein

‘n Massiewe weerligstraal, wat Olive Hill in die noorde van Bloemfontein Saterdagaand getref het, het ‘n yslike spoor van verwoesting gesaai.

‘n Inwoner, Jeremy O’Kennedy, het aan Courant gesĂȘ die oorverdowende slag is net na 22:00 gehoor.

By nadere ondersoek het hy gesien dat drie volgroeide bloekombome op die plot langs syne, totaal en al vernietig is. Hy sĂȘ daar is niks van die drie bome, wat by die honderd jaar oud was, oor nie.

Die bome het as’t ware ‘ontplof’ en stukke daarvan  het soos missiele in alle rigtings gespat en in ‘n radius van 80 meter grootskaalse skade aangerig. Verskeie huise en buitegeboue se mure is beskadig, gate is uit heinings geruk, en tot 400 teĂ«ls van net een huis se dak is tot niet.

O’Kennedy sĂȘ twee betonversterkte mure, naby die bome, is getref en stukke van diĂ© mure het met verbysterende spoed rondgevlieg en nog verdere skade veroorsaak.

Inwoners in die omgewing berig dat die pad van verwoesting tot so ver as 2,5km van die aanvanklike impak sigbaar is.

Niemand is sover bekend in die voorval beseer nie. – Karien Jordaan

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State exceeds housing targets despite challenges

The Human Settlements Minister, Thembi Simelane, has committed to...

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...

Free State Mortuary backlog: 42 autopsies still pending amid urgent efforts

The Free State Department of Health has confirmed that...