Wayde wen in Boston

0
Wayde wen in Boston
Wayde van Niekerk PHOTO: GIANCARLO COLOMBO

Dit blyk of Bloemfontein se wêreldkampioen in die 400 m, Wayde van Niekerk nie meer van plan is om tweede, derde of selfs laer plekke in te neem as hy aantree vir ‘n wedloop nie. En, dié Kovsie laat dit vanjaar, in die Olimpiese-spele jaar waar hy baie meer druk moet verwerk as prooi vir die wêreldbestes, lyk of dit hom die minste skeel.

Van Niekerk het Saterdagoggend (SA tyd) aan die eerste Adidas Boost Games in Boston deelgeneem. Dit alles ter voorbereiding vir die Afrika seniorkampioenskap wat 22 tot 26 Julie in Durban beslis word.

Van Niekerk het in Boston oudergewoonte uitstekend gelyk en weer eens met ‘n bogemiddelde vertoning (gemeet aan wêreldbeste tye vanjaar) vorendag gekom toe hy die 400 m in 44,28 gewen het. Dit is slegs 17 honderdstes van ‘n sekonde stadiger as sy beste tyd dié seisoen.

Hy het in die proses die wêreld-juniorkampioen, Machel Cedenio (Trinidad and Tabago, 44,87) met sowat vyf meter slae gegee.

Van Niekerk sal by die genoemde Afrika-kampioenskap in Durban in die 200 m in aksie wees. – RUFUS BOTHA

 

No posts to display