E Copy

Date:

Wateronderbreking raak slegs dele van Bloemfontein

Die Mangaung-metro sê slegs 16% van alle watertoevoer in Bloemfontein sal geraak word deur Bloemwater se jaarlikse winterinstandhoudingsherstelwerk wat vanaf Woensdag 31 Augustus geïmplementeer sal word.

Die metro se hoofbestuurder van kommunikasie, Qondile Khedama, sê die wateronderbreking sal vanaf Woensdagoggend 00:00 tot Donderdagmiddag 12:00 in werking wees. Hy sê slegs dele van Bloemfontein sal geraak word.

 

“Inwoners moet in ag neem dat dit nie ’n algehele wateropskorting sal wees nie. Dit beteken net ‘n klein groepie mense sal deur die wateronderbreking geraak word.

 

Mense in veral die suidelike dele van die stad kan geraak word. Die inligting wat ons ontvang het, dui aan dat mense in die noordelike dele nie geraak sal word nie,” sê Khedama.

 

Bloemwater sal onder meer herstelwerk aan die Leeukop-Brandkop-hoofwatertoevoerpypleiding na Bloemfontein doen. Khedama sê die moontlikheid bestaan dat die verwagte instandhoudingswerk dalk minder as 36 uur kan duur.

 

“Ons hoop by voorbaat dat die wateronderbreking nie groot ongerief sal veroorsaak nie. Ons sal met Bloemwater in kontak bly om inwoners op die hoogte van die vordering te hou,” sê Khedama. Hy sê watertenkwaens sal water voorsien waar  nodig.

 

Die metro vra om verskoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak kan word. Vir meer besonderhede en klagtes bel die inbelsentrum by 0800-111-300.

– Mark Steenbok

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...