E Copy

Date:

Warmer weerstoestande later die week voorspel

Koue weerstoestande is vandeesweek van korte duur in die sentrale deel van die binneland. ‘n Weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Michael Nethavani, sê ‘n kouefront van die Wes-Kaap versprei nou deur die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes waarna dit oor die res van die binneland gaan uitbrei. Hy sê ‘n koue wind onder 0 grade Celsius waai tans in die sentrale deel van die Vrystaat. Sonnige toestande duur voort.

Michael Nethavani sê ‘n maksimum dagtemperatuur onder 16 grade Celsius kan môre in die grootste deel van die binneland verwag word. ‘n Minimum temperatuur onder twee grade Celsius kan in dele voorkom.

Die temperatuur gaan egter teen Donderdag styg met ‘n maksimum temperatuur van 25 grade Celsius, wat die naweek in die noordelike deel van die Vrystaat en die hele Noordwes kan voorkom. Hy sê ‘n maksimum dagtemperatuur onder 20 grade Celsius duur egter in die sentrale en suidelike deel van die Vrystaat voort.

Geen reën word voorspel nie. – Christal-Lize Muller

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Southern landfill in crisis as fires, dumping and diesel woes spark outrage

Bloemfontein's Southern Landfill site is buckling under pressure, with...

Mangaung starts roadwork project ahead of G20 Summit

In a bid to get the city ready for...

Policer officer accused in Kamogelo Baukudi case granted bail

The accused police officer, Sergeant Nzima Philemon Adoons, charged...

Public Outrage as Mangaung Metro Announces New Landfill Tariffs

Residents of Mangaung have voiced strong dissatisfaction following the...