E Copy

Date:

Warmer weer word verwag

Warmer toestande word vir die res van die week tot Vrydag vir die grootste deel van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voorspel.

Die Bloemfonteinse weerkantoor se Michael Nethavhani sĂȘ die warmer dagtemperature gaan van vandag af voorkom, nadat ‘n koue front die naweek oor die land inbeweeg het. Dit het bibberweer met sterk wind en reĂ«ntoestande veral in die Oos-Vrystaat tot vanoggend nog veroorsaak.

Hy sĂȘ egter temperature in die meeste gebiede in die sentrale binneland het nie onder nul grade Celsius gedaal nie.

Temperature gaan stelselmatig toeneem van vandag af.

Nethavhani voorspel temperature gaan styg tot 30 grade Celsius in die grootste deel van die binneland teen Woensdag en teen Donderdag gaan die kwik styg tot 31 grade Celsius.

Teen Vrydag beweeg ‘n frontale stelsel oor die binneland.

Hy sĂȘ temperature daal van Vrydag af oor die binneland met maksimum dagtemperature tussen 18 en 19 grade Celsius.

Temperature gaan in De Aar tot tussen 14 grade Celsius en 15 grade Celsius wees.

Die frontale stelsel in die binneland gaan teen Maandag opklaar wanneer temperature weer gaan styg.

Geen reĂ«n word vir die week oor die grootste deel van die binneland voorspel nie, sĂȘ hy. – Christal-Lize Muller

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...