Warm weerstoestande duur voort

0
488

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die Suid-Afrikaanse Weerburo sê warm weerstoestande gaan voortduur in die grootste deel van die sentrale binneland met ‘n hittegolf wat later vandeesweek in die noord-oostelike deel van Noordwes, dele van Gauteng en die westelike deel van Limpopo sal heers. ‘n Weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Phemelo Moloabi, sê warm temperature in die res van Noordwes, die Vrystaat en Noord-Kaap kwalifiseer nie as ‘n hittegolf nie. Volgens haar sal temperature tussen 36°Celsius en 38°Celsius wissel by Zeerust in Noordwes waar die hittegolf van Donderdag tot Saterdag sal duur. Sy sê gemeenskappe moet versigtig wees in die bloedige hitte.

Moloabi sê daar is van Donderdag tot Sondag ‘n 30% kans op reën in Noordwes en die Vrystaat, terwyl daar teen Saterdag en Sondag ‘n 60% kans in die oostelike deel van die Vrystaat is.