E Copy

Date:

Warm toestande word dié week voorspel

Sonnige en aangename weerstoestande met geen vooruitsigte op reën nie word vandeesweek in die sentrale deel van Suid-Afrika voorspel. ‘n Weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Tonie Rossouw, sê hoë dagtemperature kom in die grootste deel van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes voor.

Maksimum dagtemperature in die hoë twintigs word voorspel, met dele in die Noord-Kaap en Noordwes waar maksimum dagtemperature in die lae dertigs gaan voorkom. Dit is volgens hom bonatuurlike temperature vir dié tyd van die jaar.

Rossouw sê ‘n frontale stelsel beweeg teen Woensdag deur die Wes-Kaap, maar is tot dié provinsie beperk met afkoeling wat in kusgebiede en die aangrensende binneland kan voorkom.

Dié stelsel kan verligting bring in dele van die Noord-Kaap se weskus en die westelike deel van dié provinsie waar baie warm toestande tans voorkom.

Volgens hom duur dié weerstoestande voort in die eerste deel van September.  Daar is egter kommer oor reënvaltoestande wat nie gunstig is nie weens geen beweging in die atmosfeer in die vorm van koue fronte of afsnylae nie. – Christal-Lize Muller

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...