Wallis, Engeland en Skotland wen op rugbyveld

0
448

Die Sesnasies-rugbyreeks is skielik weer wawyd oop nadat die voorlopers, Ierland en Frankryk, albei slae gekry het.

Die Rooi Drake van Wallis het weer met die spel vorendag gekom wat hulle die Sesnasiekampioen gemaak het en het die Hane oortuigend 26-6 geklop.

Engeland het sy eerste oorwinning behaal deur die Iere naelskraap 13-10 te klop en is terug in die wedloop om die titel.

Skotland het sy eerste sege behaal deur die agteros, Italië net-net 21-20 te klop.

Die spanne rus almal hierdie komende naweek, maar aanstaande naweek word die taai stryd weer voortgesit.