Waddle ’n jong ster uit Simon Gray-swemkamp

0
1044

GEORG VAN ECK

“Dankie tog! Uiteindelik gaan ek na 20 frustrerende maande weer huis toe na die Stadion-swembad waar ek weer al my swemmers van die Seals Swemklub van vandeesweek af behoorlik kan afrig.”

Dit is die versugting van die gefustreerde swemafrigter van kampioene, rekordhouers en Olimpiese swemmers, Simon Gray, wat sedert herstelwerk aan die Stadion-swembad in Bloemfontein begin van bak- na stuurboord gestuur is om met sy swemafrigting voort te kan gaan. Die afgelope 20 maande het hy in die Bloemanda-swembad aan die suidekant van Bloemfontein afgerig.

Nogtans vaar sy swemmers op talle vlakke uitstekend en het die 15-jarige Zane Waddle, verskeie rekords op die Grey Kollege se Interhuis-gala waaraan Oranje Meisieskool en Eunice Hoërskool ook deelgeneem het, verbeter. Onder van die rekords tel van die wat deur Ryk Neethling in die 1 500 vryslag opgestel is.

Waddle, ’n graad 11-leerling van Grey, wat in al die swemslae – vryslag, vlinderslag, borsslag en rugslag – uitblink, is ook deur Swem Suid-Afrika as ’n rugslag-kandidaat vir die 2016 Olimpiese Spele in Brasilië geoormerk.

“Ek is reeds deur swemafrigters van Swem Suid-Afrika, Dean Price en Graham Hill, genader en hulle het aan my gesê dat hulle in my as rugslagswemmer van die 2016 Olimpiese Spele in Brasilië belangstel. Hulle het aan my tye gestel wat ek in 2014/15 moet haal. Tot dusver is ek op my mikpunt,” gesels die lenige swemmer.

Die feit dat die jong swemmer 1.89 meter lank is en ’n armspan van meer as 1.90 meter het, wys dat hy baie goed gebou is vir ’n swemmer.

“Ek hoop om aandag aan drie Olimpiese Speles te kan deelneem. Ek sal graag my my huidige afrigter wil bly.”
Waddle se jonger suster, Amber, ’n leerling aan Eunice Meisieskool in Bloemfontein blink ook in die swembad uit en het onlangs weer vir haar skkool medaljes in ‘n nasionale gala in Oos-Londen gewen.

Verskeie swemmers van Eunice word deur Gray afgerig. Onder hulle tel sy dogter, Bianca, was pas die beste van die Eunice-swemmers in die Midmar-myl gevaar het. Sy het ook medaljes vir Eunice in Oos-Londen verower en gehelp dat haar skool derde eindig.

Simon Gray, wat self vir Engeland aan die Olimpiese Spele in Moskou deelgeneem het, kom uit ’n swemfamilie wat reeds drie geslagte Olimpiese afrigters opgelewer. Eerstens was daar sy oupa en daarna my pa, Frank, wat ondermeer die legendariese 13-jarige wêreldrekirdhou, Karin Muir, in Kimberley afgerig het.

Talle beroemde Suid-Afrikaanse kampioene en Olimpiese swemmers soos Janine Steenkamp, Ryk Neethling, Georg du Rand en die Olimpiese driekamper, Kate Roberts asook junior sterre , is al deur hom afgerig.

georg@centralmediagroup.co.za