Die rand het al die laaste paar jaar onder druk begin kom en sterk teenoor die VSA$ begin verswak. President Jacob Zuma se manewales in Desember 2015 met die Nenegate-sage, het die rand in ‘n vryval geplaas en in ‘n stadium het dit in die omgewing van R17 teenoor die VSA$ verhandel.
Soos in 2001/02 wil menige mense nou hul geld vat en na buitelandse markte vlug. Is dit egter die regte ding om te doen? In retrospek was dit in 2001/02 nie die regte ding om te doen nie. Terwyl ek dié rubriek skryf, verhandel die rand teen R15.99 teenoor die VSA$. Onwillekeurig wonder ek, behoort die rand regtig teen sulke swak vlakke te verhandel en is alles regtig Jacob Zuma se skuld?
Ek het toe ‘n baie goeie verduideliking gekry in ‘n rubriek wat John Cairns, ‘n analis by RMB, geskryf het. Ongelukkig, of miskien gelukkig, het Jacob Zuma nie genoeg mag om op sy eie markkragte te kan beĂŻnvloed nie en dus is hy nie alleen te blameer vir die rand se swak vertoning nie. John Cairns het, van 2011 af toe die rand begin verswak het, tot op hede, gaan terugkyk wat die bydraende faktore tot die verswakking was.
Die gevolgtrekking was dat 41%, of
R3.45, van die rand se verswakking te wyte was aan spesifieke faktore in Suid-Afrika. Die ander 59% van die verswakking in die rand kan toegeskryf word aan die VSA$, wat heelwat verstewig het, en swak kommoditeitspryse wat weer druk op ons uitvoerverdienstes geplaas het en gevolglik ook druk op die rand geplaas het. John Cairns het toe dieselfde oefening gedoen, maar sy navorsing teruggetrek van die jaar 2000 af tot op hede en verbasend genoeg het die syfers baie dieselfde gelyk. Sedert 2000 was 42% van die rand se verswakking weens spesifieke faktore in SA en 58% weens die VSA$ se appresiasie en kommoditeitspryse.
Die gevolgtrekking is dus dat dit waarskynlik nie wys sal wees om met al jou geld buiteland toe te hardloop nie, maar wel ‘n gesonde deel van jou beleggingsportefeulje buitelands te belĂȘ, terwyl ‘n deel plaaslik bly. Verder moet jy nie met die rand probeer spekuleer nie. BelĂȘ uitsluitend in die buiteland vir diversifiseringsdoeleindes. –Â Horace Terry
horace@nassaux.com
Date:
Waarheen tog met die rand?
Moet nie met die rand probeer spekuleer nie. BelĂȘ uitsluitend in die buiteland vir diversifiseringsdoeleindes.