E Copy

Date:

‘Waar twee wêrelde ontmoet’

Twee Bloemfonteinse kunstenaars gaan op 26 Mei vir die eerste keer saam ‘n kunsuitstalling hou. Mariaan Kotze en Kobus Lotz se uitstalling ‘Waar twee wêrelde ontmoet’ vier die uiteenlopende, maar ook komplimenterende aard van hulle kuns.

Kotze maak gebruik van simboliese elemente in haar werk en haar werke is narratief van aard en met ‘n surrealistiese inslag terwyl Lotz se werk alledaagse beelde en voorwerpe op ‘n realistiese wyse weerspieël. Kotze se kuns is ‘n viering van die lewe. Haar unieke styl word gekenmerk deur die simboliese aard van haar werk, wat die kyker meëvoer na ‘n fantasiewêreld. Sy beskryf haar werk as “whimsical” en ’n weerspieëling van haar speelse verbeelding en liefde vir stories vertel.

Vir Kotze is kuns nie net ‘n beroep nie, maar ‘n lewenstyl. Haar toewyding tot haar kuns en haar werke maak deel uit van persoonlike en korporatiewe versamelings van kliënte. Lotz berei tans voor vir sy eerste kunsuitstalling in sewe jaar. Hy het in 2012 begin skilder nadat hy vir baie jare sy eie onderneming in die stad bedryf het. Hy skilder hoofsaaklik in olieverf, maar eksperimenteer ook met beeldhouwerk en verskillende drukprosesse. Lotz raak uiteenlopende temas aan wat wissel van portretstudies en straat-landskappe tot kontemporêre stillewes. Sy werk het oor die jare aandag getrek by kunsliefhebbers in Suid-Afrika en in die buiteland.

In 2020 het Lotz egter besluit om op te hou skilder as gevolg van persoonlike omstandighede, maar in 2022 het nuwe inspirasie hom weer die verfkwas laat opneem. Lotz sien die opkomende uitstalling as ‘n kans om die persoonlike en artistiese groei wat hy die afgelope sewe jaar beleef het ten toon te stel. “Ek is opgewonde om my nuwe werk te deel, want dit verteenwoordig ‘n nuwe hoofstuk in my kuns,” sê hy.

Indien jy na die opening van die uitstalling wil gaan, kontak Mariaan by 083-245-2424 of hou haar sosiale media @mariaankotzeart dop vir meer inligting.

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Aunt arrested after missing toddler found dead

The Free State police have confirmed the tragic discovery...

Veterane by Oorlogmuseum byeen vir Herdenkingsondag 2025

Veterane van verskeie militêre takke het Sondag (9 November)...

Police step up water safety in Free State

Despite a steady decline in recent years, the Free...

Bloem-gesinsman verower wêreld se topmarathons

'n Bloemfonteinse geoktrooieerde rekenmeester en gesinsman het pas een...