E Copy

Date:

Vyfjarige het natuurlike aanleg vir skaak

“Dit het as ’n grap begin toe ek die vyfjarige Given Coeries voor die skaakbord geplaas het, maar sy’t geweier om van die tafel af op te staan; toe besluit ons om haar te leer hoe om te speel en die res is geskiedenis,” sê Vaughan Peters, die Voorsitter van die Heidedal Skaakstigting.

Given het verlede maand by die Skaakstigting aangesluit toe sy vier jaar oud was. “Ek geniet dit om ‘n kind op daardie ouderdom te leer speel. Dis baie lekker en sy is maklik om mee te werk want sy luister aandagtig,” sê Peters.

Volgens hom is dit belangrik dat kinders op ‘n jong ouderdom leer skaak speel aangesien dit help om hul konsentrasie, probleemoplossingsvaardighede, kreatiewe denke en Wiskundevaardighede te verbeter.

“Given woon altyd haar klasse by, want sy geniet dit. Ek sal ouers aanmoedig om hul kinders na skaakklasse te bring om hulle te help fokus en weg te hou van negatiewe elemente,” het Peters gesê.

Die Heidedal Skaakstigting wil kinders leer skaak speel sodat hulle die volgende grootmeesters kan word.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...