Vyfde verregse se borgaansoek gaan vanmiddag voort

0
Vyfde verregse se borgaansoek gaan vanmiddag voort

MARINÉ JACOBS

Die borgaansopek van die vyfde verregse wat na bewering deel was van ‘n komplot om verskeie terreurdade te pleeg, het verdaag tot 14:00. Die 31-jargie Louis Lategan staan tereg op ‘n aanklag van hoogverraad nadat polisie glo hy sou verantwoordelik wees om brandstofopgaartenks in Port Elizabeth op te blaas.

Vier ander verregses, Hein Boonzaaier, Martin Keevy, Mark Trollip en Johan Prinsloo het reeds voor die hof verskyn. Borgtog van R80 000 is slegs aan Boonzaaier toegestaan.

Lategan get vroeër vanoggend in die hof voor Landdros Mokhobo verskyn, maar Mokhobo het verkies om nie sy borgaansoek aan te hoor nie, omdat hy Trollip se skuldbekentenis aangehoor het. Hy het gevoel dit sal om dus verhoed om objektief te wees. Die hof is vir ‘n kort tydperk uitgestel om ‘n ander landdros te reel.

Lategan se regsverteenwoordiger, Advokaat Piet Schuurman, het aan die hof gestel dat Lategan sy volle samewerking aan polisie gegee het sedert sy inhegtenisname. Die staat staan nie die borgaansoek teen nie. Die landdros het egter aan Schuurman gesê omdat Lategan se oortreding in ‘n baie ernstige lig gesien word (skedule 6) is daar seker prosedures wat gevolg moet word voordat borgtog toegestaan word. Lategan is al sedert sy inhegtisname in polisie aanhouding by die Bainsvlei polisieselle.

No posts to display