Vuurwerke groot probleem vir diere tydens fees-seisoen

0
1181

Owen Kock

Bloemfontein. – ‘n Gemiddeld van tussen tien en twintig oproepe is daagliks tydens die feesseisoen ontvang deur New Beginnings Animal Rescue, ‘n nie-winsgewende organisasie wat met diere in Bloemfontein werk, oor diere wat in strate rondloop.

Volgens New Beginnins se Natalie Kotze, was die vakansie vanjaar heelwat langer as vroeër jare, en hoewel hulle ‘n oppas-diens ook gehad het wat goed gewerk het, het te veel diere doelloos in die strate rondgedwaal. Sy meen heelwat faktore het daartoe bygedra, waarvan die grootste die afvuur van vuurwerke was.

Kotze het bygevoeg hoewel dit onwettig is om vuurwerke in beboude gebiede af te vuur, mense hulle nie aan die wette steur nie en dat dit traumaties vir diere is en dit is hoekom hulle weghardloop.