E Copy

Date:

Vulstasie tydelik gesluit nadat rowers chaos veroorsaak

Die Engen One Stop-vulstasie langs die N1-snelweg by Bloemfontein is tydelik gesluit ná ‘n gewapende rooftog in die vroeë oggendure. Mede-eienaar van die vulstasie, Eben Sutherland, sê sowat tien werknemers is vanoggend kort ná 03:00 deur sewe swaar gewapende mans met klapmusse in die vulstasie se winkel aangehou. Hy sê hulle is erg getraumatiseerd nadat die rowers die winkel binnegestorm het. img_5356

Die booswigte het toegang tot drie elektroniese, draagbare kluise verkry deur die gebruik van plofstof. Sutherland sê die rowers het nog ‘n elektroniese kluis aan die kant van die winkel alleen gelaat, maar twee kluise van die restaurant (Wimpy) is egter opgeblaas. In die stadium is die omvang van die skade nog onbekend. “Dit is chaos, hulle (rowers) het kragtige plofstof gebruik.”  img_5370

Hy sê hulle is egter dankbaar dat niemand beseer is nie. Van die geskokte werknemers was nog met Bloemfontein Courant se besoek aan die toneel by die werk gewees. Sutherland sê berading sal aan hulle verskaf word. Volgens hom is dit die tweede gewapende rooftog in ‘n bestek van ‘n paar maande by hierdie vulstasie. Opruimingswerk is tans aan die gang. Die ingang na die vulstasie is tydelik vir die publiek gesluit. Hy sê ‘n besluit oor wanneer die vulstasie weer vir die publiek oop gaan wees, sal later geneem word.img_5359

Sutherland vra dat die publiek geduldig moet wees omdat dit ‘n lang proses is om die elektroniese stelsels weer aan die gang te kry en op te ruim. Hy vra om verskoning vir enige ongerief.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die booswigte het in ‘n wit Volkswagen Golf op die vlug geslaan. Daar is ‘n moontlikheid dat nog ‘n motor gebruik is. Marope kon nog nie bevestig of die rowers in polisie-uniforms geklee was nie. img_5394

Nog niemand is in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ‘n klag van besigheidsroof. – Christal-Lize Muller & Mark Steenbok.  FOTOS: MARK STEENBOK

 

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...