VS/NK se juniors sit stryd in gholf op Clarens voort

0
387

GEORG VAN ECK

Die junior gholfspelers van die Vrystaat en Noordkaap is besig om mekaar vroeg in die jaar goed op te keil.
Die 16-jarige Attie van Wyk het hierdie keer met die titel in die Noordkaap Junior Ope op die baan van die Kimberley-gholfklub weggestap.

Die top-juniors sit hul stryd hierdie naweek voort wanneer hulle in die Clarens Ope op die baan van die Clarens Gholf- en Forel-landgoed afslaan.

Die Clarens Ope is ook deel van die amptelike skoleliga waar aan die hoer- en laerskole van Oos-Vrystaat kan deelneem.
Die wenners van die skoleliga op Clarens kwalifiseer vir die eindstryd van die Vrystaat en Noordkaap-skoleliga, wat op 8 Junie in Bloemfontein beslis sal word tydens die Glacier Junior Ope op die die baan van Schoemanpark Gholfklub.

Van Wyk het die drie rondtes in Kimberley in 222 houe voltooi om die twee 17-jariges, Retief Tolken (228) en Keanan Keanan (229), oortuigend geklop.

Die 17-jarige Matseleng Mokoena het die beste van die meisies gevaar deur 12de met haar totaal van 239 houe te eindig.

Die wenners van die verskillende ouderdomsgroepe in Kimberley is:
Onder 19: Retief Tolken (228). Onder 17: Attie van Wyk (222). Onder 15: Leon van Jaarsveld (241). Onder 13: Remon Rabie (165). Onder 11: Boela Delport (144).

• Vir huisvesting op Clarens kan Johann Lehman van Ash River Loch by 058-256-1717 of 083-447-9925 gebel word.
Om oefenrondtes en ’n joggie op die baan te bespreek moet Francois Schoeman by 058-256-1373 gebel word.