GEORG VAN ECK
Die gholfspelers van die Vrystaat en Noord-Kaap se junior afdeling het die afgelope skoolvakansie uitstekende benut en verskeie plekke in die land hul merk gemaak soos Bloemfontein Courant reeds berig het.
Die seisoen het pas geëindig met die Suid-Afrikaanse junior klubkampioenskappe op die baan van die Clarens-gholf- en forellandgoed in die Vrystaat waar die seuns van die Bloemfontein-gholfklub ’n baie goeie vierde plek behaal het.
Dit is Therion Nel, Wilco Nienaber , Ruan Pretorius en Malcolm Flanegan wat so goed teen van die beste spanne in die land gevaar het.
Die jong Chante van Zyl het ook gewys dat sy ’n gholfstok kan swaai toe sy vir die VS/NK-vrouespan aan die Suid-Afrikaanse tussen-provinsiale toernooi vir vroue deelgeneeem het. Die VS/NK-vroue het hul afdeling gewen.
Die nuwe gholfseisoen vir juniors begin reeds vroeg in 2014 wanneer die Suid-Afrikaanse o.15-kampioenskappe vir seuns by die Visrivier Gholfklub van 5 tot 7 Januarie plaasvind. Die spelers van die VS/NK-span is: Wilco Nienaber, Christiaan Burke, Llewellyn Booysen, Charles Pieterse en Remon Rabie.
Kort daarna vind die Nasionale Verdienstelys-toernooi vir die VS/NK se vyf voorste o.19-spelers van 9 tot 10 Januarie op die baan van die Royal Durban-buiteklub plaasvind. Die spelers van die VS/NK is: Therion Nel, Attie van Wyk, Ruan Pretorius, Franco Froneman en Malcolm Flanegan.
Die eerste junior toernooie van die VS/NK vind ook in Januarie plaas.
Alles dui daarop VS/NK se eerste twee junior toernooie in Januarie al plaasvind. Die eerste toernooi word vir 12 en 13 Januarie op die baan van die Bloemfontein-gholfklub beplan.
Die Noord-Kaapse Junior Ope vind op 25 en 26 Januarie op die Kimberley Gholfklub se baan plaas.
georg@centralmediagroup.co.za