VS wen tussenprovinsiale veldwedlope

0
1894
Carlé Stockenstroom was een van die 21 atlete wat Saterdag op die vierhoekige tussenprovinsiale veldwedloopbyeenkoms in Kimberley oorwinning gesmaak het. FOTO: RUFUS BOTHA

Die Vrystaat se veldwedloopspan het die naweek op ‘n tussenprovinsiale veldwedloopbyeenkoms in Kimberley teen Griekwas, Noordwes en Suidwestelike distrikte te staan gekom en nie minder nie as 21 eerste plekke behaal uit ‘n moontlike 24.

Die Vrystaat het verskeie goud-, silwer- en bronsmedaljeplekke losgehardloop.
Kesa Molotsane (Kovsies), was die ster van dié vierhoekige byeenkoms. Sy het die 10 km-wedloop in 36:43 voltooi en sodoende die tweede atleet, Maryna Swanepoel (Eskom Gijimas, 42:13) gewen.

In die 4 km-wedloop vir mans het Vrystaat die eerste drie plekke ingeneem. Die talentvolle én veelsydige Nope Moleyane (HTS Louis Botha) het die wedloop gewen in ‘n goeie 12:28, maar die Kovsie, Bongani Nkutha (12:32) het deurgaans in sy nek geblaas.

Selepane Soke (SUT) het met 12:44 ‘n derde plek aangeteken.

In die afdeling vir junior vroue, het die Vrystaat se Lara Orrock nie veel teenstand ondervind nie. Sy het 23:40 (6 km) losgehardloop.

Vrystaatwenners is: Meisies: 8 jaar, 1 km: Lesego Makutu (4:06), 10 jaar, 2 km: Seipati Raletjena (8:07), 12 jaar, 3 km: Carlé Stockenstroom (11:47), 13 jaar, 3 km: Carissa Erasmus (11:39), 15 jaar, 4 km: Roselina Dikoko (14:44), 17 jaar, 4 km: Ntswaki Molahloe (15:57).
Vroue: senior, 4 km: Rethabile Jabane (16:05), 35 tot 39 jaar, 4 km: Angelique van der Merwe (18:00), 40 tot 44 jaar, 4 km: Sandra Smith (16:14), 55 tot 59 jaar, 4 km: Adéle Bosch (19:04).
Seuns: 10 jaar, 2 km: Thabang Sonopo (7:26), 12 jaar, 3 km: Lehlohonolo Ramatsebe (10:33), 13 jaar, 4 km: Lebohane Matube (14:33), 15 jaar, 4 km: Bakoena Khama (12:55), 17 jaar, 6 km: Ngconde Matwebu (18:57), 19 jaar, 8 km: Thabo Sebotsa (26:27).
Mans: 40 tot 44 jaar, 8 km: Samson Mkize (28:06), 40 tot 44 jaar, 8 km: André Bartelman (38:58).