VS vliegongeluk eis lewe van vlieënier

0
983

Die naam van die vlieënier wat in ‘n vliegongeluk in die Bothaville/Hoopstad-omgewing in die Vrystaat oorlede is, kan nog nie amptelik bekend gemaak word nie.

OFM Nuus berig, provinsiale polisiewoordvoerder Thandi Mbambo sê sodra die naasbestaandes van die oorledene in kennis gestel is, sal sy naam vrygestel word. Intussen stroom medelye op sosiale media in.

Die vlieënier het gister landerye op ‘n plaas in die Bultfontein-omgewing bespuit toe sy vliegtuig as vermis aangemeld is nadat hy nie na die brandstofpunt teruggekeer het nie. ‘n Uitgebreide soektog is begin en die polisie is ontbied.

Mbambo sê die polisiehelikopter is Vrydagoggend met eerste lig ontplooi en die wrak is gevind. ‘n Span van Burgelike Lugvaart is ook na die toneel ontplooi om die vlieg-ongeluk te ondersoek.

CATHY DLODLO / OFM-nuus