VS verpleegpersoneel ontvang N95-maskers maar nie genoeg nie

0
560

CHRISTAL-LIZE MULLER

Verpleegpersoneel van die Moroka-hospitaal in Thaba Nchu se veelvoudige middelweerstandige tuberkulose-eenheid het Vrydag N95-maskers ontvang, maar dit is nie naastenby genoeg nie.
 
So sê ‘n ingeligte bron nadat OFM-nuus verlede Donderdag berig het dat hospitaalbestuur glo verlede Maandag opdrag gegee het dat personeel ander maskers, wat minder beskerming bied, as plaasvervanger gebruik. Verpleegpersoneel het geweier om pasiënte sonder die voorgeskrewe maskers te verpleeg uit vrees dat hulle die gevreesde TB kan opdoen.
 
Die LUR van gesondheid in die Vrystaat, Benny Maloakane, het Vrydag gesê daar is geen rede dat daar ‘n tekort aan dié maskers is nie, omdat die departement genoeg geld vir voorraadaankope het.

Hy sou die beweringe van ‘n tekort aan N95-maskers met hospitaalbestuur opgeneem het.