VS-tiener haal ATKV se Super 12-lys

0
1283
Sanger, liedjieskrywer en leerder aan Grey College in Bloemfontein, Eckard van Heerden (17), in 'n toneel uit sy verhoogstuk.

Sanger, liedjieskrywer en leerder aan Grey-kollege Bloemfontein, Eckard van Heerden (17), is as een van die ATKV-Tienertoneel se Super 12 aangekondig. Van Heerden is ook die eingste leerder uit die Vrystaat in dié span.

Volgens Eckard is dit vir hom steeds onwerklik en voel dit asof hy enige oomblik uit ‘n droom gaan wakker skrik. Hy sê dat hy dit glad nie verwag het nie.

Hy het aan Bloemfontein Courant verduidelik dat Die bloed in my oë ‘n stuk is wat handel oor wraak en waartoe dit iemand, soos sy karakter, Tim, kan dryf.

“Ek wou ook nie gehad het dit moes soos ‘n cliché klink nie, so ek dink ek het ‘n paar interessante en onverwagse kinkels in die kabel gesit. Ek wou nog altyd ‘n ‘donker’ rol gespeel het en hierdie keer kon ek vir myself een skryf soos ek dit wou gehad het.”

Vir Eckard is dit nie net ‘n nuwe ervaring nie, maar ook ‘n groot uitdaging. Hy vertel hoedat dit ‘n mens baie meer forseer om op jouself te fokus en jou help om jou eie potensiaal te ontgin en dinge te ontdek wat jy nooit gedink het jy in staat toe is nie. “Ek het nog nooit vir dramalesse gegaan of enige soiets nie, maar ek het altyd deelgeneem aan skoolkonserte.

Ek het my talent ontdek met Grey Primêr se produksie toe ek graad 7 was, maar eers regtig begin toneelspeel in graad 9, dus doen ek al drie jaar lank toneel.”
Eckard sê sou hy wen, hy graag die geld vir sy musiek wil gebruik asook om nog van sy liedjies op te neem.

Hy vra dat die gemeenskap sy monoloog kry en vir hom stem op die ATKV se webtuiste. “Ek is die enigste Vrystater in die Top 12. Ek sal dit baie waardeer.” Sy video kan op: https://youtu.be/2VCGY7MaK74 gekyk word, en om vir hom te stem, kan belangstellendes gaan na: https://atkv.org.za/neem-deel/jeugprojekte/tienertoneel/atkv-tienertoneel-2020-kykerskeuse/

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za