E Copy

Date:

VS Sportsterre hoor: “Wie nie waag nie, wen nie!”

GEORG VAN ECK

“Wie nie waag nie, wen nie!” Dit is een van verskeie sterk boodskappe wat dr. Sherylle Calder as spreker op die SA Brouerye en die Vrystaat Sportmedia-vereniging se banket in Imperial GM se vertoonlokaal in Bloemfontein aan sportlui, -administrateurs, – beamptes en gaste gebring het.

Die optrede van dr. Calder, wat as visuele kenner in sport diep spore oor die hele wêreld getrap het, was een van die hoogtepunte van vanjaar se banket.

Die Vrystaat se sportlui is op die banket vereer en dit was Suid-Afrikaanse rekordhouer in die 1 500 en enigste Suid-Afrikaner wat ’n medalje op die Wêreldkampioenskappe in Moskou verower het, Johan Cronjé, wat as die Sportster van die Jaar gekroon is. Die Spar Protea-netbalkaptein van die Kovies, Maryka Holtzhausen, is die Sportvrou van die Jaar, terwyl die Cheetah-kaptein en Springbokhaker, Adriaan Strauss, die Sportman van die Jaar is.

Die twee Vrystaatse rugbytoetsskeidsregters, Jaco Peyer en Marlize Jordaan, as die Beamptes van die Jaar aangewys.
Netbal het met die meeste toekennings weggestap. Vrystaatse Netbalverening as die Sportvereniging van die Jaar aangewys en Burta de Kock, afrigter van die Kovsies en SA o.23-span, is as Afrigter van die Jaar gekroon.

Die Protea Wêreldkampioen in rolbal vir gesiggestremdes, Michiel Kruger, is saam met sy afrigter, Willie Schoeman, is die Gestremde Sportman van die Jaar gekroon.

Die 12 top-juniors is ook bekroon, terwyl die jong sokkerspeler van die Hoërskool Brebner, Tyrone Mondi,’n spesiale toekenning ontvang het.

Dr. Calder is ’n oud-Bloemfonteiner en –Kovsie wat meer as 50 toetse vir die Springbokke gespeel het. Met haar wetenskaplike Eye Gym-oefeninge verbeter sy spelers en hand-, voet- en oogkoördinasie en leer sy die brein nuwe vaardighede. Sy het reeds verskeie sportsoorte se spanne, groepe en individue tot groot hoogtes gelei. Sy spog met die unieke prestasie om as vrou twee Wêreldbeker-medaljes in rugby te ontvang, toe sy eers Engeland in 2003 en daarna die Springbokke in 2007 gehelp het om as kampioene uit die stryd te tree.

Hy kan ook met Olimpiese goue medalje van die Nederlandse hokkiespan spog wat sy onder hande geneem het.

Dr. Calder het ook ander Olimpiese spanne, groepe en ander sportsoorte met groot sukses gehelp. Behalwe die Bokke en Engelse het die All Blacks ook van haar dienste gebruik gemaak. Ook krieketspelers van Australië, Suid-Afrika se eie Ernie Els het gebaat by haar hulp gevind en die Britse Ope daarna gewen.

Sy glo sportlui moet uit hul gemaksone beweeg en nadat Els dit reggekry het, het sy setwerk dramaties verbeter en kon hy weer wen.

Omdat haar dienste wêreldwyd in aanvraag is, reis sy wyd en sonder onder haar rolmodelle tel beroemdes soos Dok Danie Craven, Koningin Elizabeth II van Brittanje en oudpresident Nelson Mandela uit. Sy het hulle deur haar werk ontmoet. In haar oudisies met die koningin het die koningin haar albei kere erken as “The eye lady”.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...