VS Rugbyunie vereer klub-spelers, spanne en beamptes

0
VS Rugbyunie vereer klub-spelers, spanne en beamptes

GEORG VAN ECK

Die belangrikheid van klubrugby vir enige rugbyunie is verlede week weer in Bloemfontein bewys tydens die prysuitdeling van die Vrystaatse Rugbyunie. Top-klubs, -spelers en -beamptes het eerbewyse vir die afgelope seisoen se bydraes en prestasies in die President-onthaalsaal van die Vrystaat-stadion in Bloemfontein ontvang.
Die oorhandigings is deur onder andere die president en adjunkpresident, Lindsay Mould en Cedric Carson, uitvoerende bestuurslede en die uitvoerende hoofbeampte, Gerda von Solms, gedoen.
Die drie klubs wat die afgelope seisoen uitgetroon het, is die rugbyklubs van die twee universiteite, die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), asook Bloemfontein Polisie, maar ander klubs het ook presteer en erkenning daarvoor gekry.
Die spanne, spelers en beamptes wat trofeë ontvang het, is:
Liga- en bekerwenners: Kloppersbeker as wenners van Derdeliga B: Polisie III, Derdeliga A: SUT Jongspan, Tweedeliga B: Polisie II, Tweedeliga A: UV o.21, Rowanbeker: Tsjias (SUT), Stadsbeker: Shimlas (UV).
Subunie Platteland: Steyners buit die George Nel- en Human Auto-bekers as die Subunie-kampioene.
Presidentsbeker vir die beste klubprestasie algeheel: Universiteit van die Vrystaat.
Senior spelers se trofeë: Speler wat die meeste opgang gemaak het: Fanie Coetzer (SUT). Spelers wat die meeste drieë gedruk het: AJ Coetzer (UV), Oupa Mohoje (UV), Inus Kritzinger (SUT). Speler wat die meeste punte aangeteken het: Franna du Toit (UV).
Junior spelers se trofeë: Speler wat die merest opgang gemaak het: Khotso Molatole (Mangaung). Speler wat die meeste drieë gedruk het: Max Moloi (SUT), Speler wat die meeste punte aangeteken het: Jonathan le Riche (UV).
Joe Venter-trofee vir die Klubspeler van die Jaar: Oupa Mohoje (UV).
Vrouerugby se trofeë – Speler van die Jaar: Bernice Strydom. Speler wat die meeste opgang gemaak het: Kamohelo Makoele. Speler wat die beste prestasie behaal het: Nedene Botha.
Johan Botes-trofee vir die sekretaris/klubbeampte van die jaar: Marita van Staden (Weermag).
HW van Niekerk-trofee vir die afrigter/afrigters van die jaar: Barend du Plessis en Nico Nepgen (Polisie).
Onder 21-speler van die Jaar: Neil Jordaan (UV).
Mees waardevolle o.21-speler van die Jaar: Elandre Hugget (UV).

No posts to display