E Copy

Date:

VS-regering op rand van afgrond

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die Vrystaatse regering is op die rand van ‘n afgrond en die ANC sal homself gou moet regruk om ‘n geldelike katastrofe te vermy. So meen die DA se David van Vuuren, nadat jaarverslae onlangs ter tafel gelê is. Volgens Van Vuuren toon die ouditeur-generaal se verslag daar was geen verbetering in die provinsie se geldelike bestuur en beheer nie.
 
Van Vuuren sê die verslag toon ‘n toename van 87% in ongemagtigde uitgawes in die 2013-‘14 finansiële jaar. Onreëlmatige uitgawes het ook drasties toegeneem met meer as 4 750 gevalle wat plaasgevind het. Dit beloop sowat R2,4 miljard.

Hy sê die grootste kopseer is egter die departemente van gesondheid en onderwys se uitstaande skuld wat ‘n groot invloed op die bestaande begroting het.

Van Vuuren sê daar is ook ‘n toename in vrugtelose en verkwistende uitgawes wat sowat R29-miljoen beloop. Hy sê die regering se wanbestuur het ‘n negatiewe invloed op die lewensgehalte van mense in die Vrystaat.

Share post:

Popular

More like this
Related

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...