Die provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat, Lebeoana Tsumane, het Bloemspruit- polisiestasie as ‘n top-prioriteit verklaar.
Dit volg nadat ‘n verslag deur die Openbare Dienste Kommissie (ODK) bevind het dat dié stasie ‘n oorloggebied vir mans en vroue in blou is.
ODK-kommissaris, Henk Boshoff, het in ‘n onderhoud met Courant gesê koeëlgate getuig daarvan dat inwoners in die gebied lukraak op die polisiestasie skiet.
Die stasie het ook die tweede hoogste moord- en geweldsmisdaadstatistiek in die Vrystaat.
Tsumane sê die probleme by die Bloemspruit-stasie gaan dringend aangespreek word.
Cathy Dlodlo/Courant-nuus