E Copy

Date:

VS Pluimbalsukses lok jong speler na Rosestad

Die sukses wat Vrystaat Pluimbal behaal, is besig om uit te kring en een van die beste jong pluimbalspelers in Afrika het ‘n borgskap ontvang om haar pluimbal- en skoolloopbaan in Bloemfontein te kom voortsit.

Nita Scholtz, wat alom as die beste o.15-speler in die land gereken word, het by Eunice Meisieskool as graad agt-leerling ingeval en oefen reeds saam met die Vrystaat se talle kampioene.

Sy is ‘n gebore Suid-Afrikaner, maar het op Oranjemund grootgeword. Die ruim borgskap sluit nie net haar skoolgeld, koshuisgeld en afrigtingfooie in nie, maar ook reis- en verblyfkoste na toernooie in Suid-Afrika.

Die Rosestad beskik oor verskeie klubs wat spog met kampioene. Daarom is Bloemfontein nou ‘n baie gewilde bestemming vir pluimbalspelers wat wil vorder en ontwikkel met die oog op toekomstige deelname aan Olimpiese Speles, of beplan om beroepspelers te word.

Die 14-jarige Scholtz, wat reeds op o.19-vlak mededingend is, behoort te gedy en te vorder deur teen Afrika se beste spelers te oefen en mee te ding. Sy sal onder meer teen Annari Viljoen, wat in 2012 aan die Olimpiese Spele in Londen deelgeneem het, kan oefen.
Scholtz het reeds die afgelope naweek haar eerste geleentheid gekry om aan die Vrystaat-keurders te wys wat in haar steek toe sy aan die Vrystaat-voorgeetoernooi in die Fichardtpark-Pluimbalsaal deelgeneem het.

Dit gaan baie interessant wees om dié jong speler se vordering in die Vrystaat dop te hou.

Share post:

Popular

More like this
Related

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...