VS LUR vir Veiligheid praat oor veiligheid in die provinsie

0
428

SABRINA DEAN

LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer in die Vrystaat, Butana Komphela, sal na verwagting die media vandag oor misdaadvoorkomingsplanne vir die provinsie inlig.

Sake wat bespreek sal word, sluit in terugvoer oor plaasaanvalle, moorde aan die Vrystaat- en Lesotho-grense, onwettige grondindringing en diensleweringsbetogings.

Die departement sê in ‘n verklaring hierdie kwessies word as brandpunte beskou en daar word dringende aandag gegee aan die veiligheid en sekuriteit van die Vrystaatse gemeenskap.

Die LUR sal ook na verwagting die department se nuwe Facebook-blad tydens vanoggend se geleentheid bekendstel.