AfriForum het vanjaar vir die derde keer die gewilde Dink of Sink-debatkompetisie vir laerskole in die Vrystaat aangebied. Dié kompetisie is aangebied in samewerking met Eduplus Onafhanklike skool in Bloemfontein.
Volgens Carien Bloem, AfriForum se projekkoördineerder vir onderwys, is die Dink of Sink-debatkompetisie vir laerskole enig in sy soort en het AfriForum groot planne om dié kompetisie na skole regoor Suid-Afrika uit te brei, soos wat tans die geval is met dié kompetisie vir hoërskole.
Uitdunrondes het op 25 Augustus 2016 plaasgevind, gevolg deur die finaal op dieselfde dag waartydens die beste junior en senior spanne aangekondig is. Junior spanne bestaan uit graad 3- en 4-leerlinge terwyl senior spanne uit graad 5- tot 7-leerlinge bestaan. Daar is drie leerlinge in ‘n span.
Laerskool Bultfontein het as junior wenner met die louere weggestap, terwyl Laerskool Willem Postma as senior wenner uit die stryd getree het. Dié spanne het kontantpryse van R800 elk gewen.
AfriForum het hierdie jaar ook drie suksesvolle Dink of Sink-debatkompetisies vir hoërskole in samewerking met C&N Meisieskool Oranje en Volksblad in die Vrystaat aangebied. Die wenner van die kompetisies is C&N Meisieskool Oranje. Dié skole neem op 24 September deel aan ‘n interprovinsiale finaal om te bepaal wie die groot debatwenner tussen dié drie provinsies is. Verkorte weergawes van die verskillende provinsies se kompetisie is op YouTube te sien.
Date:
VS-debatskole neem eersdaags nasionaal deel
VS-debatskole neem eersdaags nasionaal deel.