Vrystaters sterk in tennis verteenwoordig

0
Vrystaters sterk in tennis verteenwoordig

Georg van Eck

Ná die Franse Ope op Roland Garros en Wimbledon in Londen loop tenniskoors wêreldwyd hoog en die koors is die afgelope vier dae in die Dunlop Junior Uitdaagtoernooi in Durban voortgesit.

Meer as 500 tennisspelers het aan die jaarlikse junior Dunlop toernooi in KwaZulu-Natal deelgeneem en die mededinging was straf, want dit was ongetwyfeld die sterkste veld van spelers, wat nog vir die toernooi ingeskryf het.

Die toernooi is die belangrikste junior toernooi in KwaZulu-Natal en het Super 7-status en is deel van die Key Health-reeks.
Seuns en meisies het in die onder 12, 14 en 16 ouderdomsgroepe asook ’n senior afdeling meegeding en nie minder nie as 11 Vrystaters het onder die gekeurdes in die ouderdomsgroepe getel. (Teen druktyd van die finale uitslae nie beskikbaar nie).
Die Vrystaat het in al die ouderdomsgroepe behalwe meisies o.14 en senior vroue gekeurde spelers in aksie gehad.
Die gekeurde Vrystaatse spelers in die verskillende ouderdomsgroepe was:

Seuns o.12: Joubert Klopper 2de. Meisies o.12: Linge Steenkamp 7de en Delien Kleinhans 8ste. Seuns o.14: George Botha 6de en Philip Henning 7de. Seuns o.16: Hubert Badenhorst 3de en Kukutla Motlojoa 8ste. Meisies o.16: Hanri Stoffberg 4de, Jeanne Klopper 6de, Lise Stoffberg 7de. Senior mans: Leboeuf Bloem 6de. –DLD group

No posts to display