Op Olimpiese Speles en gewis die volgende spele in 2016 in Brasilië is die moderne vyfkampkampioene van die uitverkorenes. In Suid-Afrika gee die uitmuntende modern vyfkampatlete van die Vrystaat die toon aan. Die atlete ding op een dag in vyf veeleisende sportsoorte, swem, perdspring, skerm, hardloop en pistoolskiet, deel. Die Vrystaat is die nommer een provinsie en die land se voorste man- en vroueatleet is albei Vrystaters. Hier is die twee uitmuntende atlete met hul laserpistole, Jayme-Sue Vermaas en Berndt Burger. Burger is ’n oud-student van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) en tans ’n nagraadse student aan Tuks, maar neem nog in Vrystaat-kleure deel en word deur Vrystaters afgerig. Vermaas is ’n leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein.