AleXander Steyn is op pad na die Mr Gay World 2017-kompetisie wat vanjaar in Madrid, Spanje, plaasvind. Hy is een van 20 finaliste wat deel is van hierdie geleentheid.
Die blondekop man met sy vriendelike, borrelende persoonlikheid kom oorspronklik van die Vrystaat se-dorpie, Virginia, af maar het in 1999 aan die Hoërskool Sentraal gematrikuleer.
Xander vlieg al op 3 Mei Spanje toe, maar die groot kroning vind eers op 10 Mei plaas op wat beloof om ‘n spoggeleentheid te wees.
“EK sien die meeste daarna uit om die ander deelnemers te ontmoet en uit te vind wat hul struikelblokke in die lewe was,” verklap Xander.
Steyn het ‘n #Love All veldtog begin om mense bewus te maak dat jy ander mense moet liefhê wat anders as jy is. Hy het selfs ‘n aanlyn-ondersteuningsgroep, Mobie G, vir mense wat wil gesels oor probleme, maar anoniem wil bly.
“Almal in die Vrystaat en sommer die hele Suid-Afrika moet asseblief vir my aanlyn stem by Mrgayworld.com en ook my video op YouTube kyk: Mr Gay World Southern Africa. Dit tel vir punte.”
As jy meer wil weet oor dit waarby Xander betrokke is, gaan loer gerus na sy webtuiste: xanderartproductions.co.za.
Jeretha Oosthuizen / Courant News